Local news

‘n Skole-skouspel van rugby en netbal

Natuurlik het Jasper die koedoegelukbringer ook sy verskyning gemaak.

Op 15 Maart het Laerskool M.L. Fick hul eerste jaarlikse ‘Emmie-Fees’ by Hoër Volkskool Potchefstroom gehou. Sewe laerskole het teen mekaar meegeding in 30 rugby- en 50 netbalwedstryde.

Dit was voorwaar ‘n feesviering van skolesport met elke deelnemer wat dit terdeë geniet het.

Die skole wat die dag bygewoon het:

  • Lichtenburg
  • Burgersdorp
  • Emfulenipark
  • Baillie Park
  • Goudkop
  • Vryheidsmonument

Laerskool M.L. Fick self het uitstekend gevaar op die dag met oorwinnings vir sewe van die tien rugbywedstryde waaraan hul deelgeneem het.

Die netbaldogters het hul ook goed van hul taak gekwyt, met 24 oorwinnings uit 44 wedstryde.

Natuurlik het Jasper die koedoegelukbringer ook sy verskyning gemaak om die spelers sterkte toe te wens.

“Emmies wil graag die Potchefstroomgemeenskap bedank vir hul ondersteuning en veral Hoër Volkskool Potchefstroom vir die gebruik van hul spog-sportfasiliteite. ‘n Hartlike dank ook aan al die borge wat die dag moontlik gemaak het. Baie dankie aan die laerskole wat die dag bygewoon het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button