Local news

‘n Volkie- vonkie word ‘n vuur

Dié organisasie wil geld vir Hoër Volkskool Potchefstroom insamel sodat hulle verskeie maatskaplike en infrastruktuur projekte by die skool kan aanpak.

Potch Volkies se nie-winsgewende organisasie, Volkie Vonk, het 15 Maart hulle gala aand by Snowflake gehou.
Die organisasie wil geld vir Hoër Volkskool Potchefstroom insamel sodat hulle verskeie maatskaplike en infrastruktuur projekte by die skool kan aanpak. Daar was 205 gaste wat deel van die gala aand was. Deur die gemeenskap se ondersteuning wil Volkie Vonk verseker dat daar ‘n tuiste is vir die volgende generasie Volkies om finansieel onafhanklik van die Departement van Onderwys te wees en om Volkies die voorste skool in die Noordwes te maak onder andere. Volgens Daleen de Beer, wat saam met Andries Huisamen die administrasie en bemarking behartig, is die organisasie se artikel 18A ook in Januarie goedgekeur.

Mighael de Beer, Daleen de Beer, M’landi Huisamen en Andries Huisamen tydens die gala aand. Foto: Johandre Maree

Die bestuur van Volkie Vonk bestaan uit: Admin en bemarking – Daleen de Beer en Andries Huisamen; direkteure – Philip Tromp, Jaco Fouche, Danie van Vuuren; en ander partye – Franco Smit.
Om meer oor die inisiatief uit te vind, besoek die Volkie Vonk webtuiste by https://www.volkievonk.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button