Volkies klop Montana om plek in semi te bespreek
Volkies se volgende uitdaging sal na die skool vakansie wees, wanneer hulle teen Wesvalia te staan kom.
Volkies het op Menseregte dag vir Montana met ‘n enkele punt in die NWU reeks geklop.
Dié oorwinning het vir sommige as ‘n skok gekom, omdat Volkies as die buiteperd in die toernooi gesien is. Die buiteperd etiket is iets wat Volkies hulle eie gemaak het tydens die reeks, met oorwinnings, waar hulle nie ‘n kans gegun was nie.
Volgens Mighael de Beer, Volkies se 1ste XV afrigter, het sy troepe die druk goed hanteer om kalm te bly om die 20 – 19 oorwinning te behaal.
“Ons was veral op die verdediging baie kalm gewees, die outjies het baie karakter gewys. Ek is trots op die seuns, hulle speel mooi saam, dit was ‘n taai wedstryd. Ons het nie baie geleenthede gehad nie, maar as ons naby gekom het, het ons punte gemaak,” het de Beer gesê.
Volkies se volgende uitdaging sal na die skool vakansie wees, wanneer hulle teen Wesvalia te staan kom. Hulle sal weer die buiteperd in dié wedtryd wees, maar dit sal die Potchefstromers pas om die druk in die opponent se hande te plaas.



