Local news

Luiperds trek swaar teen Griffons

Die Griffons het in Potch kom speel waar hulle die Noordwesters met 10 - 79 afgerantsel het.

Die Luiperds het Saterdag in hulle derde SA Beker kragmeting hulle soveeslte nederlaag beleef.

Die Griffons het in Potch kom speel waar hulle die Noordwesters met 10 – 79 afgerantsel het. Die Luiperds sal bietjie vertroosting vind in die feit dat die laaste drie wedstryde teen premier teenstanders i ndie vorm van die Griekwas, Cheetahs en Griffons was.

Die Luipies sal hulle wonde vinnig moet lek, aangesien hulle komende naweek Oos-Londen toe reis om die Grens se Bulhonde te gaan probeer tem.

Beide die Luiperds en Grens het nog nie oorwinning in die SA Beker gesmaak nie, en die Bulhonde het die afgelope naweek 118 – 3 teen die Griekwas les opgesê. Die Noordwesters sal sake wil regstel teen dié span, maar die Grens sal ewe hard wil baklei om daai eerste oorwinning veral teen ‘n tuisskare te beklink.

Die wedstryd tuusen die Luiperds en Grens skop Saterdag, 29 Maart om 15:00 by die Sisa Dukashe stadium af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button