CrimeLocal news
Verdagtes met gesteelde voertuig gevang
Die verdagtes sal binnekort op aanklag van voertuigdiefstal in die hof verskyn.

CB Security se gewapende reaksiespan het onlangs inligting oor ‘n gesteelde voertuig van die ANPR-kameragroep ontvang.
In samewerking met AfriForum kon die span die voertuig vinnig opspoor en verder ondersoek instel.
By inspeksie het hulle ontdek dat die VIN-nommer en nommerplaat nie ooreenstem nie, wat bevestig het dat die voertuig gesteel is.
Danksy die spanwerk en vinnige optrede is die verdagtes gearresteer. Die verdagtes sal binnekort op aanklag van voertuigdiefstal in die hof verskyn.
“Hierdie sukses wys net hoe kragtig samewerking en waaksaamheid kan wees om ons gemeenskappe veilig te hou,” het die sekuriteitsmaatskappy op sosiale media gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.