Local news

Geliefde dominee gegroet

Ds. Cassell het altesaam 54 jaar as dominee gedien.

Die Afrikaanse Protestante Kerk (APK) Parys het op 30 Maart vir dominee Charles Cassell (86) en sy vrou, Zelda, na 11 jaar se diens, gegroet. Sondag was dié leraar se laaste preek by die APK Parys gewees.

Zelda vertel dit was vir haar eggenoot ‘n roeping en ‘n groot voorreg om by die APK Parys te kon preek en ook op die kerkraad te dien.

“Dit is werklik die beste en lekkerste plek waar ons kon klaarmaak. Die mense is so entoesiasties, neem aan als deel en werk baie hard.”

Ds. Cassell het altesaam 54 jaar as dominee gedien. Ds. Sias Vogel en sy vrou, Mariana, is gereed om tydelik oor te neem. Vanaf April sal ds. Sias egter deeltyds help met die prediking by die gemeente. ‘n Roeping waarna hy baie uitsien.

“Ek wil vandag hulde bring aan my pa. Hy het gister sy laaste preek gelewer. Pa Charles was jare in die bediening en het nege gemeentes bedien. Hy het geen preek afgelees nie, uit sy kop gepreek, gister kon hy dit nie doen nie, daar was te veel bedankings wat hy wou oordra en my pa was maar bewoë,” vertel ds. Cassell se dogter, Annemarie Redelinghuys, op sosiale media.

“Vanaf 1982 het my pa met glukoom in sy oë gesukkel, soveel so dat sy visie-veld verminder het en dat my ma hom moes rondry. Elke week het hulle getrou van Potchefstroom na Parys gery. Ek het haar darem gestop om Johannesburg toe te ry, te veel kan op die pad gebeur met hulle,” gaan Annemarie voort.

“Oor drie maande sal hy 87 jaar oud wees. Sy lewe gewei aan die Here en ons ook so grootgemaak. Tyd vir hom om nou net met sy stokperdjie van houtwerk aan te gaan. Ek het die mooiste spieëlkas en teetafel (uitgekerf met die hand) wat hy onder andere vir my gemaak het. Twee van ons huise se voordeure het hy ook gemaak en ingesit. Sy hele lewe is gewy aan sy gemeentelede, familie en gesin.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button