Local news

Hy het sy kruis na Golgota gedra – die liefde en opoffering vir sy mense

Dit was dus liefde vir elkeen van ons met die doel om ons tot die ewige lewe te red.

Hy het sy kruis na Golgota gedra, dit omhels. Deur die Romeine het Hy hom aan hierdie kruis gehang. Sy geliefdes het gevlug, hom in die steek gelaat in die uur van beproewing, die vyande het gespot waar Hy bloei. Hy het na hulle gekyk en gesê “Vader, vergewe hulle!”

Hoe is sulke opofferende liefde moontlik? Hierdie Jesus, wat die wêreld se bekendste naam geword het, en wie se geboorte die begin van ons kalendertydperk aandui. Wie se boek, die Bybel, die mees gelese geword het. Die antwoord kan net in daardie einste boek gevind word, waar dit sê, “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Dit was dus liefde vir elkeen van ons met die doel om ons tot die ewige lewe te red. Die dood is gewaarborg vir almal, niemand ontsnap dit nie. Maar daar word gesê dat hierdie Jesus wat ook aan die kruis gesterf het, die dood oorwin het en op die derde dag uit die dood opgestaan het. Ek dink ons het ‘n verduideliking hier nodig, hoe is dit moontlik? Die antwoord vind ons weer in die Bybel. Dit sê dat “die loon van die sonde die dood is”, en dat Jesus as die Seun van God ‘n sondelose lewe gelei het. Daarom kon die dood hom nie bewaar nie.

Nou weet ons dat ons gewone mense elke dag sondig. Ons laster, lieg, buit mekaar uit, haat en behandel mekaar liefdeloos. Die lys is so eindeloos soos hierdie Jesus se liefde vir ons wanneer Hy al ons biljoene sondes aan die kruis opneem, soos ‘n reuse magneet.

En voor God die Vader sê Hy dus “Vergewe hulle!” Wat kan God dan anders doen as om ons net te vergewe wanneer ons sondes aan die kruis verwyder is? Deur hierdie vergifnis en vryheid van sonde is die weg skielik oopgemaak na die ewige lewe, toe die dood sy reg verloor het om ons te bewaar.

Die grootste vraag en vrees van elke mens se hart: Moet ons net ophou bestaan asof ons nooit bestaan het nie, ‘n kolletjie wat vervaag, in die niet verdwyn?

Die een wat die dood oorwin het, reageer in ‘n opofferende en liefdevolle “Nee, glo in My en jy sal lewe,” want soos die Bybel uiteindelik sê: “Waar, o dood, is jou oorwinning? Waar, o dood, is jou angel? Die angel van die dood is sonde, en die krag van sonde is die wet. Maar God sy dank! Hy gee ons die oorwinning deur ons Here Jesus Christus.”

Liefde aan die kruis het gespreek, kan ons die betekenislose, leegheid van die graf en die dood ignoreer en aanjaag, of kies ons om te glo en ons te verheug in ‘n wonderlike ewige toekoms saam met die Prins van die lewe, Jesus Christus?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button