Local news

Potchefstroom se talentvolle rugbyspelers vir Internasionale Toer gekies

Die uitnodiging volg ná hul indrukwekkende spelvertonings.

Twee plaaslike rugbytalente, Lihann Kemp en Luan Crouwkamp, is onlangs gekies om deel te wees van die Blue Runnings Sport International (BRSI) rugbytoer na Italië in Desember. Die uitnodiging volg ná hul indrukwekkende spelvertonings. Die BRSI Invitational-span sal van 5 tot 13 Desember aan ‘n toer deelneem wat onder meer wedstryde, oefensessies en kulturele uitstappies inlsuit.

Kemp en Crouwkamp wend hulle nou tot die gemeenskap en plaaslike besighede om finansiële ondersteuning te verkry deur middel van korporatiewe borgskappe.

Hierdie bydraes sal hul help om hul sportdrome te verwesenlik en SuidAfrika met trots te verteenwoordig. Enige instansies of individue wat bereid is om by te dra, kan Stefanie Viljoen kontak by 079 693 6397 of Vannessa Crouwkamp by 076 8100174 vir betalingsbesonderhede en verdere inligting.

Die 10-dae toer sluit in vlugte na Milan, wedstryde in Parma en Treviso, verblyf by kwaliteit hotelle, daaglikse maaltye, oefensessies en kulturele uitstappies soos besoeke aan Venesië, die Ferrari museum en ‘n URC-wedstryd. Spelers sal ook ‘n volledige uitrustingspakket ontvang.

‘n Geldige paspoort (met ses maande geldigheid na terugkeer), ‘n onverkorte geboortesertifikaat (indien onder 18), en ‘n Schengen-visum (ongeveer R3 000, uitgesluit van die toergeld) word vereis. Visa-ondersteuning sal deur BRSI verskaf word.

Die volle toerkoste is R69 990. Betalings word in paaiemente gestruktureer vanaf ‘n nie-terugbetaalbare deposito van R10 000 wat teen 15 Julie betaalbaar is, gevolg deur paaiemente tot 30 Oktober.

Bykomende kostes wat nie gedek word nie, sluit in sekere maaltye, persoonlike uitgawes en opsionele ekstras. Die toer is onderhewig aan ‘n minimum van 20 reisigers en kan verander na gelang van wisselkoerse of onvoorsiene omstandighede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button