Local newsNewsNews

Boere aangemoedig om voorbereidings te tref vir veldbrandseisoen

Die departement het die noodsaaklikheid van spanwerk en waaksaamheid herhaal.

Met die veldbrandseisoen wat vinnig nader kom, het die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Noordwes-Provinsie ‘n dringende waarskuwing aan alle boere en grondeienaars gerig: “Wees Brandwys!” Hierdie oproep tot aksie, wat in samewerking met die Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging (NWUFPA) uitgereik is, beklemtoon die belangrikheid van paraatheid en gemeenskapsamewerking om veldbrande te voorkom.

Volgens die departement begin die beskerming van landbougrond, vee en lewens met tydige beplanning en streng nakoming van brandveiligheidsmaatreëls.

Boere word aangemoedig om die volgende stappe te neem om die risiko van weghol veldbrande te verminder:

  • Sorg dat brandbane in plek is en behoorlik onderhou word.
  • Maak seker dat alle brandbestrydingstoerusting gereed en funksioneel is.
  • Werk saam met buurplase om brandbreke en noodreaksieplanne op te stel.
  • Bly waaksaam teenoor veranderende weer- en windtoestande.

Owerhede beklemtoon ook die noodsaaklikheid daarvan om aktiwiteite te vermy wat brande onder droë toestande kan veroorsaak:

  • Geen oop vure nie.
  • Moenie sigaretstompies stort nie.
  • Vermy die gebruik van masjinerie wat vonke kan veroorsaak in droë velde.

In geval van ‘n brand word inwoners aangemoedig om onmiddellik die betrokke owerhede in kennis te stel. Noodkontaknommers sluit in: Mnr. Eric Stoch (Voorsitter, NWUFPA): 071 077 6653. Gabriel Phorotlho (Noordwes Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling): 082 975 7737. Scotch Bodibe (Noordwes Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling): 071 856 0586

Die departement het die noodsaaklikheid van spanwerk en waaksaamheid herhaal: “Bly waaksaam. Wees voorbereid. Werk saam.” Hierdie veldtog vorm deel van die breër nasionale verbintenis tot die NDP 2030-visie en Suid-Afrika se betrokkenheid by die G20 2025-raamwerk.

Die veldtog dra die boodskap: “Laat Niemand Agterbly nie, en weerspieël waardes van insluiting, sorg en diens soos bevorder op die provinsie se aanlyn platforms op Facebook en YouTube onder Noordwes Landbou en Landelike Ontwikkeling.Plaaslike boer Rare Molefe het ook die boodskap op sosiale media versprei en geskryf: “Boere, kom ons wees gereed en versigtig “

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button