Local news

Mandeladag by Japsnoetjies

Japsnoetjies Kleuterskool se hartjies het op Mandeladag oorgevloei van vreugde toe Daisy Business Solutions die kleingoed bederf het met Happy Meals en sagte kombersies. Dit was 'n dag vol glimlagte en dankbaarheid wat lank onthou sal word.

Japsnoetjies Kleuterskool is laasweek op Mandeladag lekker bederf. Daisy Business Solutions het seker gemaak Japsnoetjie-hartjies loop oor van blydskap op hierdie spesiale dag.

Juffrou Eileen Da Silva van Japsnoetjies, vertel, Die Daisy Business Solutions-span was vriendelike en saggeaard.

“Hul het vir al die kindertjies wat die betrokke dag by die skool was saam met die onderwysers bederf met MacDonalds Happy Meals en vir die skool, die oulikste en sagste baba kombersies gebring. Ons is so dankbaar vir Daisy Business Solutions, Keeden en sy Span,  wat die kinders bederf het en die dag saam met ons en die kinders deurgebring het. Baie dankie vir ‘n wonderlike en onvergeetlike dag, ons waardeer dit uit die diepte van ons Japsnoetjie-hartjies,” het sy vertel.

Hoof van Japsnoetjies – Eileen Da Silva saam met Keedan Dullisear en die res van Daisy
Business Solutions se span.
Onderwyser saam met Daisy Business Solutions Span en Kiddies waar hul die kombersies vas hou wat Daisy Business Solutions aan die skool geskenk het.
Die Hart en Siel en Fondasie van Japsnoetjies Kleuterskool.
Links – Juffrou Maria Plaatjies
Middle – Juffrou en Eienaar Eileen Da Silva
Regs – Juffrou Angie Ntsotjo

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button