Local news

Henry met die hart van goud

Weet jy van iemand met 'n hart van goud wat 'n verskil in die lewe van ander Potchefstromers maak?

Van dag een af, sowat ‘n jaar en ‘n half gelede, wat ek in Potchefstroom aangekom het, het ek agter gekom Potchefstromers het mooi harte. Praat van ‘n liefdadigheidsprojek en Potchefstromers spring met die donasies en hulp. Vra iets op een van die gemeenskapsgroepe op sosiale media en jy kry sommer blitsvinnig antwoorde.

Net so ook het Potchefstromers gister gespring toe ek op Facebook gevra het hulle moet my help om ‘n spesifieke man op te spoor. Dit klink dalk bietjie vreemd, maar ek was opsoek na Henry Stoltz wat by Chubby Chick werk.

Jy sien, Henry het laas week onbaatsugtig by my in die Wandellaan gestop toe my kar gebreek het. Ek was alleen en soms is daar maar net nie iemand wat jy kan bel om jou gou te help nie. So daar staan ek, met my enjinkap oop, geen idee wat om te doen nie, toe Henry met sy wit karretjie langs my stop en vra of ek hulp nodig het.

Nie net het hy hulp aangebied nie, maar hy het seker gemaak my voertuig is reg en het boonop gewag tot ek klaar gery het voordat hy eers weer in sy kar geklim het. Als het so vinnig gebeur dat ek net sy naam gevra het.

Ek wou graag vir Henry dankie sê en so het ek die week op en af na elke Chubby Chick tak gery, maar kon hom nie opspoor nie. Dit is toe wat ek die plasing op sosiale media maak. Potchefstromers het ingespring en binne ‘n paar uur het ek ‘n oproep van Henry afgekry.

Ek het vandag die geleentheid gekry om vir Henry dankie te sê en vir hom ‘n klein bederfie te vat. Ek onthou nog presies sy woorde van laas week: “As dit my vrou was wat hier gestaan het, sou ek graag wou hê iemand moes haar help.”

Baie dankie Henry. Mense soos jy maak Potchefstroom ‘n wonderlike plek.

As jy van nog iemand weet wat Potchefstroom ‘n beter plek maak, stuur ‘n e-pos aan dustin@mooivaal. co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button