Local news

Potchefstroom rou na dood van nog ‘n student

Sy het haar skoolloopbaan aan Hoër Volkskool voltooi.

‘n Familie wil hulde bring aan ‘n dogter, babasuster, kleindogter en tannie wat verlede week oorlede is. Sy was lewenslustig en vrolik, maar het haar stryd verloor teen SLE (Sistemiese Lupus Erythematosus), ‘n chroniese outo-immuun siekte wat verskeie organe en weefsels in die liggaam kan aantas, en breinvliesontsteking.

Marizaan Visser was oorspronklik van Potchefstroom en het die afgelope jaar haar toekoms begin bou deur by die Eduvos kampus in Potchefstroom te studeer. Sy het haar skoolloopbaan aan Hoër Volkskool voltooi.

“Sy het as jong meisie diep spore in ons harte getrap. Ons gaan die giggle en spontane geklets die meeste mis,” vertel Marizaan se familie.

“Marizaan sal veral onthou word vir haar sprankelende geaardheid. Haar gewilligheid om ander te help waar sy moontlik kon, al het dit nie altyd te goed gegaan met haar nie. Sy was die mees liefdevolste mens wat ons nog ooit ontmoet het. Ons as ouers en talle ander wat haar goed geken het, sukkel nog om haar skielike heengaan te verwerk. Hoe gaan ons sin maak van ‘n lewe sonder ons Lola? Rus in vrede.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button