Local news

Potch-skole in rou oor leerder se dood

Potchefstromers se harte is seer.

Verskeie skole in Potchefstroom het hulle meegevoel en hartseer uitgespreek na die skielike dood van Richter Jordaan(14) op 27 Oktober.

Richter was ‘n leerder aan Hoërskool Ferdinand Postma en die seun van ‘n geliefde graad een juffrou, Ankia, by Laerskool Baillie Park.

“Ons harte gaan uit aan die Jordaan-gesin, familie en vriende. Ons Ferdies-harte is seer oor hierdie groot verlies. Mag jy in vrede rus, Richter,” het Hoërskool Ferdinand Postma hul medelye aan Richter se gesin uitgespreek.

Verskeie ander skole het ook hulle medelye uitgespreek.

“Emmies is jammer om te verneem van die afsterwe van Richter Jordaan, leerder van Hoërskool Ferdinand Postma. Ons dink aan elkeen wat hierdeur geraak word,” het laerskool M.L Fick geskryf.

“Vanaf Laerskool Mooirivier wil ons ons opregte meegevoel en innige medelye betuig. Ons is diep jammer oor die groot verlies en bid dat julle vertroosting en krag sal vind in hierdie moeilike tyd.

“Ons Volkies dink aan Hoërskool Ferdinand Postma en Laerskool Baillie Park in hierdie ontsettende moeilike tyd. Mag julle vertroosting, krag, wysheid en genade werklik ervaar van ons Almagtige Vader,” het Hoër Volkskool geskryf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button