Local news

Potch-skole in rou oor leerder se dood

Potchefstromers se harte is seer.

Verskeie skole in Potchefstroom het hulle meegevoel en hartseer uitgespreek na die skielike dood van Richter Jordaan(14) op 27 Oktober.

Richter was ‘n leerder aan Hoërskool Ferdinand Postma en die seun van ‘n geliefde graad een juffrou, Ankia, by Laerskool Baillie Park.

“Ons harte gaan uit aan die Jordaan-gesin, familie en vriende. Ons Ferdies-harte is seer oor hierdie groot verlies. Mag jy in vrede rus, Richter,” het Hoërskool Ferdinand Postma hul medelye aan Richter se gesin uitgespreek.

Verskeie ander skole het ook hulle medelye uitgespreek.

“Emmies is jammer om te verneem van die afsterwe van Richter Jordaan, leerder van Hoërskool Ferdinand Postma. Ons dink aan elkeen wat hierdeur geraak word,” het laerskool M.L Fick geskryf.

“Vanaf Laerskool Mooirivier wil ons ons opregte meegevoel en innige medelye betuig. Ons is diep jammer oor die groot verlies en bid dat julle vertroosting en krag sal vind in hierdie moeilike tyd.

“Ons Volkies dink aan Hoërskool Ferdinand Postma en Laerskool Baillie Park in hierdie ontsettende moeilike tyd. Mag julle vertroosting, krag, wysheid en genade werklik ervaar van ons Almagtige Vader,” het Hoër Volkskool geskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button