CrimeLocal news

Ses in hegtenis vir kaping en onvoering

Die verdagtes is op die R559 vasgetrek.

Verskeie aangrensende taakspanne van verskillende eenhede se samewerking het tot die inhegtenisneming van ses verdagtes op die R559-pad, tussen Carletonville en Randfontein, gelei.

Die ses verdagtes van onderskeidelik 28 tot 48 jaar oud, is op 30 Oktober vasgetrek nadat daar inligting ontvang is van ‘n ‘n beplande kaping van ‘n vragmotor, wat vleis met ‘n geraamde waarde van meer as R500 000, vanaf Potchefstroom vervoer.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die span het op die verdagtes toegeslaan kort nadat die vragmotor omstreeks 07:45 op die R559-pad gekaap is.

“Die vragmotor, gelaai met vleis, is gekonfiskeer. Die polisie het ook nog drie voertuie gekonfiskeer wat na bewering in die pleging van die misdaad gebruik is.”

Die verdagtes het 3 November in die Carletonville-landdroshof op aanklagte van kaping en ontvoering verskyn.

Die trok met van die verdagtes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button