Laerskool Mooirivier se eerstespan tennisseuns het onlangs uitstekend by die RCS Rising Star Tennistoernooi in Benoni presteer.
Hulle het al hul groepwedstryde gewen en 1ste in hul groep geëindig. In die semi-finaal het hulle teen Umhlali vasgeval, maar speel nou vir posisie 3 en 4.
“Baie geluk, manne — ons is trots op julle se puik tennis, spanwerk en veggees,” het die skool die span geprys.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



