Local news

Maak harte oop vir PAWS Haven die feesgety

PAWS Haven benodig vrywilligers om op Oujaarsaand te help.

Vrywilligers het hierdie week voor Kersdag by PAWS Haven ingespring, nie net help om diere te versorg nie, maar ook om die perseel vir die feesseisoen op te tooi.

Die kantoor en die diere se hokke is versier en so ook het vrywilligers die mure buite te hoof gebou geverf.

Annelize van der Westhuizen van PAWS Haven moedig mense aan om steeds skenkings van veral kos vir PAWS Haven gedurende hierdie tyd te maak.

“Dit raak stil hierdie tyd van die jaar, maar die diere het steeds kos en versorging nodig. Enige skenkings kan enige tyd by PAWS Haven afgelaai word.”

PAWS Haven soek ook vrywilligers om op Oujaarsaand te help.

“Tydens vuurwerke raak baie honde en katte paniekerig en ontsnap uit hul erwe, en ons benodig ekstra hande om hulle veilig te hou en met hul families herenig te word.,” vertel Annelize.

As jy deel wil wees van die Paws Haven-ondersteuningspan gedurende die aand, kontak ons ​​​​asseblief by enige van die volgende nommers:

  • 068 679 3464
  • 063 181 3524
  • 082 694 8831
  • 072 116 4762

Sodra vrywilligers bevestig is, sal ‘n WhatsApp-groep geskep word vir koördinering en opdaterings. Saam kan ons ‘n verskil maak en ons harige vriende help om Oujaarsaand veilig deur te kom.

As jy ’n troeteldier het, maak so op Oujaarsaand:

  • Hou hulle veilig binnenshuis.
  • Maak vensters en gordyne toe.
  • Speel sagte musiek of TV.
  • Skep ’n veilige, gemaklike spasie.
  • Bly kalm – hulle voel jou energie.
  • Raadpleeg jou veearts indien nodig.
  • Maak seker jou dier is gechip en geïdentifiseer.
  • Moet asseblief nie vuurwerke afskiet nie.
  • ’n Paar minute se pret vir mense kan ’n leeftyd se trauma vir ’n dier beteken.
  • Help ons om ’n stem te wees vir dié wat nie kan praat nie.
  • Wees vriendelik. Wees bedagsaam. Beskerm dier.
‘n Vrywilliger verf die muur by PAWS Haven.
‘n Vrywilliger verf die muur by PAWS Haven.
Dr. Francois Gerber wat self as vrywilliger by PAWS Haven werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button