Perde op Kersdag op N12 gered
Die situasie was uiters gevaarlik, nie net vir die perde nie, maar ook vir motoriste.
Perde is op Kersdag op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp gewaar. Die situasie was uiters gevaarlik, nie net vir die perde nie, maar ook vir motoriste.
Motoriste was versoek om uiters versigtig te wees wanneer hulle in hierdie gebied gery het.
PAWS Haven en die verkeersdepartement het vinnig ingespring en die situasie onder beheer gekry. Die perde is veilig terug aan hulle eienaar besorg.
“Deur die ongelooflike samewerking tussen Paws Haven en die Nasionale Verkeerspolisie is vinnig opgetree en die perde is veilig terugbesorg waar hulle hoort. Ons wil graag ons hartlike dank uitspreek teenoor almal wat betrokke was en gehelp het, kalm gebly het en hul tyd gegee het – veral op Kersdag. Lewens is beskerm en ‘n werklike verskil is gemaak. Oomblikke soos hierdie herinner ons daaraan dat deernis geen vakansiedae ken nie. Dankie vir julle diens, sorg en spanwerk,” het PAWS Haven gesê.”
Kyk na die fotos hier:













