Local news

Nie alles op sosiale media is soetkoek nie

So weereens, Moenie alles op sosiale media vir soetkoek opeet nie. Nie alles is soos wat dit op die oog-af lyk nie.

Het jy al die idioom “Moenie alles vir soetkoek opeet nie”, gehoor? Dit is vir my die perfekte stelling om sosiale media te beskryf.

Nie net het meeste gesigte filters op nie, maar mense steel ander se vakansiefoto’s en gee voor asof hulle die gelukkigste gesin op aarde is. Die ding wat my egter die ergste bekommer oor sosiale media, is die feit dat dit so maklik is om onwaarhede te versprei, paniek te saai en net pleinweg dinge te verdraai om in te pas.

Ek het gister gehoor van ’n plasing oor ‘n geval van beweerde geslaggebaseerde geweld. Soos die nuuskierige en bekommerde joernalis wat ek is, het ek dit gaan soek. Ek het nie lank gesoek nie, toe ek op verskeie plasings van dieselfde geval afkom.

Geslaggebaseerde geweld is vir my ‘n baie ernstige saak, dit is ook iets wat baie naby aan my hart lê. Nie net omdat niemand verdien om dit te beleef nie, maar ook omdat ek dit al self beleef het.

Ek het uitgereik na van die blaaie waarop die plasing gemaak is, met die doel om meer inligting te ry. Ek het toe daarna ook die polisie gekontak aangesien daar wel ‘n saak in die geval oopgemaak is.

Die plasings het dit met die oogopslag laat klink asof ‘n jong vrou van Ikageng wreed aangerand is, agter ‘n voertuig gesleep is en die verdagtes skotvry daarvan af gekom het.

Dit klink aaklig. Natuurlik is die Ikageng-gemeenskap onmiddellik opstandig, want hoe kan dit toegelaat word?

Soos wat protokol in die mediabedryf is, het die polisie ‘n verklaring aan die Herald uitgereik, wat ‘n heeltemale anderste prentjie skets.

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, ondersoek die Ikageng-polisie twee sake van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Dit maak nie die beserings minder werklik nie. Dit maak nie geweld aanvaarbaar nie. Maar dit verander wel die perspektief.

Want soms is ‘n slagoffer nie net ‘n slagoffer nie. En soms is ‘n verdagte nie net ‘n verdagte nie. Soms is die lyne vaag. Soms word verantwoordelikheid gedeel. Soms lyk dit soos ‘n eensydige gruweldaad op sosiale media, in werklikheid ‘n morsige, menslike, ingewikkelde konflik.

So weereens, Moenie alles op sosiale media vir soetkoek opeet nie. Nie alles is soos wat dit op die oog-af lyk nie.

Soms is ‘n bakleiery tussen twee volwasse vroue, maar net dit.

Lees die oorspronlike nuusberig hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button