Local news

Video: PAWS-werknemer red katjie uit dreinpyp

Sonder huiwering het Tokkie uit haar pad gegaan en self in die drein geklim om die bang katjie te red.

Een van PAWS Haven se getroue werknemers, Harriette Aucamp (meer algemeen bekend as Tokkie) is ‘n klein babatjie se held. Tokkie het hierdie week sonder om te huiwer, in ‘n pyp afgeklim om hierdie swart en wit katjie te red.

PAWS Haven het Dinsdag, 6 Januarie, ‘n oproep gekry van ‘n klein katjie wat in ‘n dreinpyp in Meulstraat vassit.

Sonder huiwering het Tokkie uit haar pad gegaan en self in die drein geklim om die bang katjie te red.

“Danksy haar deernis, dapperheid en toewyding is hierdie klein lewetjie gered. Ons is ongelooflik dankbaar om so ‘n sorgsame en onselfsugtige beampte in ons span te hê. Dankie, Harriette, dat jy ‘n verskil maak waar dit die meeste saak maak,” het PAWS Haven vir Tokkie geprys.

Tokkie vertel dat die katjie tans ‘n ooginfeksie het, maar dit is niks wat nie onder beheer gebring kan word nie.

“Sy sal vanaf 6 weke oud af aangeneem kan word. Mense kan ook katte foster met die opsie om aan te neem. Alle diere wat aangeneem word kry hulle inspuiting en word reggemaak.”

Kyk na die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button