Local news

Meer as net ‘n pa, oupa en broer

Hy was raadgewer, beskermer, storieverteller en rots.

Vandag neem ons afskeid van ’n geliefde man, ons pappie, ons oupie, broer, swaer en vriend. Nick Claassen was ’n toegewyde eggenoot, ’n liefdevolle pa, ’n trotse oupa, die hoeksteen van ons familie en ’n ware vriend vir soveel mense. Hy is op 11 Januarie op die ouderdom van 80 oorlede.

Hy was ’n vegter – iemand wat hard baklei het tot die einde toe. ’n Man wat nooit maklik opgegee het nie, en wat met stille krag en deursettingsvermoë ’n voorbeeld vir ons almal was.

Sy hande het gewerk, gebou en herstel, sy hart het geleer, liefgehad en omgegee.

Vir ons familie was hy soveel meer as net ’n eggenoot, of ‘n pa, of ‘n oupa. Hy was raadgewer, beskermer, storieverteller en rots. Sy stoel, sy roetine, sy liefde vir die klein dinge – dit alles sal altyd deel wees van ons herinneringe.

Al is ons harte vandag swaar, troos ons onsself met die wete dat hy nou rus. Geen pyn meer nie, geen swaarkry meer nie. Ons weet hy is veilig in God se arms, volkome genees en omring deur vrede.
Ons dank God vir die voorreg om hom te kon liefhê, om deur hom liefgehê te word, en vir die nalatenskap wat hy agterlaat in elke lewe wat hy geraak het.

Rus sag, Oupie.
Jy sal vir altyd in ons harte leef.

‘n Oorwinningsdiens sal Vrydag, 16 Januarie om 10:00 by NG Kerk Miederpark te Aarbeilaan 22, Potchefstroom vir Nick gehou word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button