NewsNews

R20 000 boete vir onpadwaardige trok

Die drywer van ’n trok wat skrootmetaal van Klerksdorp na die Vaaldriehoek vervoer het, is Vrydagmiddag deur ’n verkeersbeampte voorgekeer en beboet.

Die drywer van ’n trok wat skrootmetaal van Klerksdorp na die Vaaldriehoek vervoer het, is Vrydagmiddag deur ’n verkeersbeampte voorgekeer en beboet.

Die bande was glad, ook die "chevrons" kan nie in die donker gesien word nie
Die bande was glad, ook die “chevrons” kan nie in die donker gesien word nie

Die beampte, Hans Fourie, het ’n boete van R9 200 aan die trokdrywer uitgereik en beveel dat die leunwa nie verder gebruik kan word voordat al die foute nie herstel is nie. Sy kollega, Andrè Gouws, het egter Sondagmiddag dieselfde trok weer afgetrek.
“Andrè het my gebel om die nommerplaat te bevestig van die trok wat ek Vrydag afgetrek het. Dit was toe presies dieselfde trok en drywer. Hy het ons opdrag net ignoreer,” sê Fourie. Nog ’n boete van ongeveer R11 000 is uitgereik terwyl die wa en trok se gebruik gestaak is. Daar is beslag gelê op beide die wa en trok, sodat die toetsstasie deur al die foute kan gaan en die eienaar dit kan kom haal. Die eienaar het dus meer as R20 000 se boetes ontvang, hy sal onder meer die gladde bande moet vervang, ligte moet herstel wat met draad aan die trok vasgemaak was en die bak van die wa moet herstel omdat daar gate deurgeroes het.

Die ligte word met draad aan die trok vasgemaak
Die ligte word met draad aan die trok vasgemaak
Die wa van die trok is deur geroes
Die wa van die trok is deur geroes

“’n Stuk yster val maklik uit so ‘n bak uit en kan ’n voertuig wat agter die trok ry tref. Iemand kan so gedood word, iets wat ons wil verhoed,” het Fourie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button