NewsNews

Sesjarige verdrink in Promosa

’n Sesjarige dogtertjie van Promosa is Woensdagmiddag dood, nadat sy in ’n swembad in dié woongebied beland het.

Marianke Saayman en Evashni Jansen

’n Sesjarige dogtertjie van Promosa is Woensdagmiddag dood, nadat sy in ’n swembad in dié woongebied beland het.
Die dogtertjie, Refilwe Mapitsi, het gistermiddag omstreeks 14:30 in Promosa in die swembad verdrink nadat sy en van haar nefies en niggies na die water gaan kyk het. Refilwe het in die swembad beland en kon nie swem nie.
Volgens ‘n suster wat op die toneel was, het een van die ander kinders na die plaaslike kliniek gehaas om hulp te vra.
Toe hulle by die toneel kom het iemand haar reeds uit die water gehaal en probeer om haar lewe te red. Volgens ‘n paramedikus van ER24 het die susters vir sowat 30 minute KPR uitgevoer, voor hulle op die toneel gekom het, waarna ER24 paramedici vir ‘n verdere 40 minute KPR uitgevoer het. Niks kon egter gedoen word om Refilwe se lewe te red nie. Volgens haar oom, Klaas Meyer, het Refilwe by haar ouma en tannie gewoon. Sy en drie ander kinders was op pad kafee toe, toe hulle by die huis met die swembad gestop het om na die water te kyk. “Sy was ‘n goeie kind,” sê Meyer, wat baie na aan haar was. Met druktyd was geen verdere inligting bekend nie.

Foto: Marianke Saayman
Familie en vriende treur by die swembad waar Refilwe verdrink het – FOTO: Marianke Saayman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button