Wen met die Springbokke in die Wêreldbeker
Die Springbokke en Japan gaan Saterdag geskiedenis in die Brighton-stadion in Engeland maak tydens albei se eerste groepfase-wedstryd van die 2015 Rugby Wêreldbeker. Dit gaan nie net die eerste ontmoeting ooit in toetsrugby teen mekaar wees nie, maar dit gaan ook die eerste toets wees wat op Brighton gespeel gaan word.Die Springbokke kan maar …

Die Springbokke en Japan gaan Saterdag geskiedenis in die Brighton-stadion in Engeland maak tydens albei se eerste groepfase-wedstryd van die 2015 Rugby Wêreldbeker.
Dit gaan nie net die eerste ontmoeting ooit in toetsrugby teen mekaar wees nie, maar dit gaan ook die eerste toets wees wat op Brighton gespeel gaan word.Die Springbokke kan maar vergeet dat hierdie Japannese span soos lekker sushi opgeraap gaan word.
Die Cherry Blossoms, soos Japan se nasionale span bekendstaan, gaan onvoorspelbare teenstanders vir die Bokke wees. Japan het baie verbeter sedert die 1995 Wêreldbeker toe hulle ‘n loesing van 145-7 teen die All-Blacks beleef het. Japan se algehele verbetering tot die sterkste rugbyland in Asië kan aan drie dinge toegeskryf word: Eerstens is daar ‘n sterk rugbykultuur aan die broei met die Japannese Liga wat van die wêreld se beste spelers trek, soos Fourie du Preez en JP Pietersen.
Tweedens word hulle deur die legendariese afrigter Eddie Jones afgerig. Jones was self een van die groot aanwinste toe hy deel van Suid-Afrika se seëvierende 2007 Wêreldbeker afrigterspan was.
Laastens word die volgende Wêreldbeker (2019) in Japan aangebied, en dié span sal vir voortbou vir die toernooi. Die Springbokke is wel ook gereed om hulle doemprofete verkeerd te bewys Heyneke Meyer en sy troepe sal in hulle openingswedstryd wil wys dat hulle nog glad nie afgeskryf kan word nie.
Met Pat Lambie, Jesse Kriel en Lood de Jager het die Bokke die jong talent om ‘n groot indruk te maak. Ou manne soos Victor Matfield en Schalk Burger bied waardevolle ondervinding. Interessante feite: Japan is tans 13de op die Wêreldranglys, SA is derde. Japan het nog net een Rugby Wêreldbeker oorwinning teen Zimbabwe in 1991 behaal. Die eindtelling was 52-8.
*Raai die telling en wen groot pryse!Die Herald hou ‘n SMS kompetisie wat vandag vanaf 07:00 tot Saterdag 19 September om 15:00 strek. SMS die sleutelwoord “Bokke” en die eindtelling van Suid-Afrika teen Japan na 45527.
Voorbeeld: Bokke 47-20. Die SMS wat die telling op die kop of die naaste moontlik voorspel, sal die prys wen.Die wenner kry R500 prysgeld vanaf die Herald sowel as ‘n geskenk van Timbercity



