NewsNews

Kgwadi aangekla vir aanhitsing tot geweld

Afriforum jeug het 'n klagte van aanhitsing tot geweld by die SAPD aangemeld teen Prof. Dan Kgwadi, Visekanselier van die Noordwes Universiteit.

Afriforum jeug het ‘n klagte van aanhitsing tot geweld by die SAPD aangemeld teen Prof. Dan Kgwadi, Visekanselier van die Noordwes Universiteit.

Dit nadat Kgwadi by ‘n byeenkoms van die Reform-PUK-groep studente aangemoedig het om “aan te hou baklei.” Die Reform PUK groep het Woensdag bymekaar gekom om ‘n memorandum aan Kgwadi te oorhandig, waarin daar onder andere geëis word dat die tolkdienste afgeskaf word, teen 2020 50% swart inwoners in koshuise is en dat die standbeeld van Totius verwyder word. ProPuk in samewerking met Soladariteit gaan ook ondersoek instel in die moontlike viktimisering van Afrikaanse student na die byeenkoms.

“Dit is duidelik dat die Reform-PUK-groep met hul lys radikale eise rondom transformasie op die Puk gedragsreëls van die universiteit oortree,” het Johan Kruger, adjunkhoof van Soladariteit in ‘n verklaring gesê.

Prof. Johannes Froneman het by wyse van ‘n verklaring geantwoord dat beskuldigings teen prof Dan Kgwadi totaal onwaar is. Volgens Froneman is die klagte wat Afriforum teen Kgwadi ingedien het sonder enige basis.

“Prof Kgwadi het wel gesê studente moet “veg”, maar het duidelik bedoel dat studente moet veg vir geregtigheid. Om dit as aanmoediging tot geweld te interpreteer, is uiters onverantwoordelik,” het Froneman in die verklaring gesê.

Volgens Froneman het Kgwadi onlangs ‘n inisiatief van stapel gestuur, “Ons is NWU”, onder wie se sambreel Woensdag se vergadering van die Reform-Puk-groep plaasgevind het,  juis ten doel om vreedsame dialoog aan te moedig.

“Prof. Kgwadi het dus op geen wyse kant gekies vir die Reform-Puk-groep nie en onderskryf nie noodwendig hulle standpunte nie. Wel moedig hy alle studente aan om standpunt in te neem, te praat, mekaar te probeer verstaan en natuurlik te “veg” vir geregtigheid. Dit is duidelik ‘n nie-geweldadige benadering,” het Froneman in die verklaring gesê.

Die ProPuk groep het op hulle beurt weer eise aan die universiteitsraad gerig, onder andere dat, die studenteraad van die NWU Potchefstroomkampus  die ruimte en geleentheid vir studente van die Potchefstroom-kampus skep om die eise en beweringe van die Reform-Puk-groep te debatteer, die SR ʼn omvattende ondersoek doen en ’n steekproef onder ingeskrewe studente van die NWU se Potchefstroom-kampus van stapel stuur ten einde die ontvanklikheid van eise en waarheid van beweringe van die Reform-Puk-groep te toets

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button