NewsNews

Ongelukke eis die lewens van twee mense op een dag

Twee ongelukke wat Maandagoggend tussen 07:30 en 09:00 plaasgevind het, het die lewens van twee mense geëis. Die eerste ongeluk het op die Carletonvillepad (R501) plaasgevind nadat ’n motor en ’n bakkie trompop gebots het.

Twee ongelukke wat Maandagoggend tussen 07:30 en 09:00 plaasgevind het, het die lewens van twee mense geëis.
Die eerste ongeluk het op die Carletonvillepad (R501) plaasgevind nadat ’n motor en ’n bakkie trompop gebots het.
Volgens ER24 het die bakkie op sy dak gelê en dit was duidelik dat die motor verskeie kere gerol het. ’n Vrou wat reeds aan haar beserings beswyk het, is naby die motor gevind.

Die motor wat met ‘n bakkie op die Carletonvillepad gebots het.
Die motor wat met ‘n bakkie op die Carletonvillepad gebots het.

Die vrou het waarskynlik uit die motor geval toe dit gerol het. Ses ander pasiënte is deur paramedici op die toneel gevind.
Een van die pasiënte, ’n man, het kritieke beserings opgedoen.
Die pad was tydelik gesluit sodat die ER24 helikopter die pasiënt kon oplaai.
Die ander ongeluk het op die N12 op pad na Klerksdorp, sowat 15km van Potchefstroom, gebeur.
ER24 het op die toneel ’n bakkie, wat sement vervoer het, op sy dak gevind. Drie mans is beseer, waarvan een se toestand kritiek was. ER24 het die man behandel, maar na 20 minute het hy aan sy beserings beswyk.
Die twee ander mans is na Potchefstroom-hospitaal geneem. Die presiese oorsaak van dié twee ongelukke is nog onbekend, maar die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button