
Die vyf babahondjies wat verlede week deur twee matriekseuns uit ‘n kanaal gered is, sterk baie goed aan by die Potchefstroom DBV.
Die vier reuntjies en een tefie is vol lewe en in ’n baie goeie toestand. Hoewel daar onsekerheid is oor die ras van die honde, vermoed die DBV se veearts, dr. Ninette Leistner, dat hulle tot mediumgrootte sal groei.
Die hondjies is reeds reg om aangeneem te word, aangesien die sewe dae wagperiode verby is.
Die hond wat deur die polisie aan die DBV oorhandig is nadat vermoed is dat hy vir hondegevegte gebruik is, het reeds vier aansoeke vir aanneming gekry.
Die DBV is nou in die proses om die aansoeke deur te werk om seker te maak dat die hond die regte huis kry waar hy goed versorg sal word.












