SportSport

Rolbal driespel eindrondtes hierdie naweek

Potchefstroom Buiteklub is die naweek die gasheer vir Noordwes Rolbal se driespel eindrondes wat Saterdag en Sondag plaasvind. Verskeie KOSH-spanne het deurgedring na die kwartfinaal wat Saterdagoggend plaasvind. Die halfeind vind die middag plaas met die eindstryd Sondagoggend. Die KOSH-spanne is: Vroue: Jillian Booth, Marlene Suttie en Ria Fourie van Klerksdorp Rolbalklub, Helen Jansen, Jackie …

Potchefstroom Buiteklub is die naweek die gasheer vir Noordwes Rolbal se driespel eindrondes wat Saterdag en Sondag plaasvind.

Verskeie KOSH-spanne het deurgedring na die kwartfinaal wat Saterdagoggend plaasvind. Die halfeind vind die middag plaas met die eindstryd Sondagoggend.

Die KOSH-spanne is: Vroue: Jillian Booth, Marlene Suttie en Ria Fourie van Klerksdorp Rolbalklub, Helen Jansen, Jackie Evans en Marissa Knuppe van Strathvaal en Burnadine Muller, Adeline Earle en Suzette Linden van Orkney.

Die Potchefstroom-spanne in die ronde is Potchefstroom Dorp se Corrie Breitenbach wat speel saam met Mina Carstens en Elly van Dijk. Die Buiteklub se span is Jackie Scheepers, Helena Koekemoer en Trix Roux.

Mans: Vier spanne van Klerksdorp Rolbalklub: Jan Pretorius, Richard Harris en Henry Peens wat speel teen Josh Radebe, Anton Grobler en Johan Schmidt. Pikkie Loots, Cliff Yeoman en Louis Botha speel teen Mike Bennetto, Alan Kirkland en Alan Hockly.

Strathvaal se Ferdie Jansen, Henk Heymel en Andre Meyer speel teen Orkney se Johan Muller, Herman Earle en Craig Healy. In die ander kwartfinaal speel Potchefstroom Dorp se Piet Breitenbach, Pikkie Abbot en Jean du Plessis teen die Potchefstroom Buiteklub se Oeloff Visser, Dawid van Rensburg en Coen van der Westhuizen.

*Noordwes Rolbal se twee Protea-spelers, Rudi Jacobs van Parys en Pierre Breitenbach van Potchefstroom Dorp, verteenwoordig tans weer die Proteas in ‘n toernooi in die Ooste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button