NewsNews

Senwes skenk R1-miljoen aan Droogterampfonds

Na afloop van ‘n vergadering van Suid-Afrikaanse agribesigheid-bestuurders in Bloemfontein op 8 Desember 2015, het die landboubesigheidsgemeenskap as geheel hul steun toegesê aan die Droogterampfonds wat oorspronklik deur Senwes, in assosiasie met Agri SA, geïnisieer is. Senwes het nou die bestuur van die fonds geheel en al aan Agri SA oorgedra en het as’t ware ‘n hoofskenker geword met ‘n bydrae van R1-miljoen tot die fonds.

Na afloop van ‘n vergadering van Suid-Afrikaanse agribesigheid-bestuurders in Bloemfontein op 8 Desember 2015, het die landboubesigheidsgemeenskap as geheel hul steun toegesê aan die Droogterampfonds wat oorspronklik deur Senwes, in assosiasie met Agri SA, geïnisieer is. Senwes het nou die bestuur van die fonds geheel en al aan Agri SA oorgedra en het as’t ware ‘n hoofskenker geword met ‘n bydrae van R1-miljoen tot die fonds.

Christo van der Rheede, adjunk uitvoerende direkteur van hierdie nie-winsgewende organisasie wat bekend staan as die “tuiste van die Suid-Afrikaanse Boer”, sal algehele verantwoordelikheid vir die fonds aanvaar, insluitend die verspreiding van fondse asook veevoer aan boere wat dit benodig. Produsente wat veevoer benodig word versoek om hul naaste landbou-unie of Agri SA se kontak vir hulp in hierdie verband.

Die fonds, wat agt weke gelede geloods is, staan tans op R1 878 353,78. Meeste van die skenkings kom van gewone Suid-Afrikaners via duisende sms-bydrae. Verskeie substansiële bydrae word egter deur maatskappye soos Beefmaster, Voermol, Sanlam, Monsanto, Grainovation, Overberg Agri en FNB gemaak. Spoornet en ander vervoermaatskappye het ook aangedui dat hulle gewillig is om veevoer te vervoer ter ondersteuning van die Droogterampfonds.

“As die tuiste van die Suid-Afrikaanse boer, is dit Agri SA se hooftaak om voedselsekerheid te verseker sodat ons landsburgers nie honger ly nie. Die gevolge van hierdie vernietigende droogte sal nog vir jare gevoel word en alle korporatiewe entiteite – nie slegs die agri-sektor nie – moet betrokke wees by hierdie projek,” sê Omri van Zyl, Agri SA se hoofbestuursbeampte.

“Ek wil die maatskappye wat ‘n groot bydrae gelewer het bedank, maar veral ook die gewone man in die straat wat duisende rand via kleiner skenkings bygedra het,” sê Senwes-groep se hoofbestuursbeampte, Francois Strydom.

Besoek gerus www.droogterampfonds.co.za vir volledige besonderhede oor die verskeie maniere waarop u ‘n bydrae tot die fonds kan maak.

Ontwikkelingsboere ontvang saad

In ‘n ander ontwikkeling het die saadmaatskappy Montsanto aangekondig dat hulle ‘n beduidende hoeveelheid saad geoormerk het vir nuwe boere wat ly onder die gevolge van die droogte.

 

“Ander inisiatiewe sluit in verskeie bid-dae oor die land heen waar die boerderygemeenskap bymekaar gekom het om te bid vir reën. Terwyl daar landwyd sporadies reënbuie oor die afgelope paar weke ervaar is, het ons baie meer nodig om ‘n beduidende impak op graanopbrengste en veegetalle te hê. “Ons leef in die hoop dat ons gebede binnekort verhoor sal word,” aldus Agri SA se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button