‘n Man en vrou is vasgemaak tydens ‘n gewapende roof in Gericke straat
Die voorval het Dinsdag aand (15 Maart) omstreeks 21:30 plaas gevind. Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was ‘n 49 jarige man en sy vrou besig om T.V te kyk. Skielik het drie gewapende verdagtes hulle huis binne gekom. Twee van die verdagtes het balaclavas aan gehad maar al drie verdagtes was gewapen met vuurwapens.
“Die verdagtes het die man en sy vrou se hande en voete vasgemaak. Hulle het geld geëis van die paar. Hulle het gevlug van die toneel nadat hulle twee vuurwapens, juweliersware, kontant skootrekenaars en selfone gevat het,” het Chaka gesê.
‘n Saak van huisroof word ondersoek en daar is nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.



