NewsNews

Kat dood na skoot met pyl en boog-Potchefstromers staan saam

’n Kat is Woensdag dood nadat hy in Skilpadlaan, Miederpark omgewing met ’n pyl en boog geskiet is.

’n Kat is Woensdag dood nadat hy in Louwstraat, Miederpark omgewing met ’n pyl en boog geskiet is.
Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) het die kat na hulle kliniek geneem vir behandeling. Volgens Andries Venter, bestuurder van Paws, het die veearts en sy span hulle beste gedoen om die kat te red, maar die beserings was net te erg.
“Die pyl is regdeur die skouerbeen, deur ’n long, die maag, nier en deur die pelvisbeen aan die agterkant uit,” het Venter gesê.

Die kat met die pyl wat steeds in sy lyf is. Foto: Verskaf
Die kat met die pyl wat steeds in sy lyf is. Foto: Verskaf

“Daar was al twee mense wat uitkennings kom doen het, maar dit is nog nie bekend wie se kat dit is nie,” het Venter gesê.
’n Beloning van R2 000 is aanvanklik aangebied maar vroeg Donderdag het Potch Pay it forward in samewerking met ander besigehede in Potchefstroom R8 000 beloning aangebied vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die persoon wat die kat geskiet het.

Intussen het Inyala Game lodge, ‘n selfsorg eenheid beskikbaar gestel vir een nag as deel van die beloning, vir enige inligting rakende die persoon wat die kat met die pyl geskiet het.

Hier kan gesien word hoe die pyl deur die kat se lyf gegaan het.
Hier kan gesien word hoe die pyl deur die kat se lyf gegaan het.

Paws is besig om die pyl te ontleed vir enige bewyse om die verantwoordelike persoon vas te trek.

Volgens Venter kan die oortreder, indien suksesvol vervolg, ’n maksimum vonnis van 15 jaar tronkstraf of ’n R60 000 boete kry. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Paws kantoor by 071 681 9264 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button