NewsNews

Man ernstig beseer na ongeluk by treinspoor

'n Man is gisteraand ernstig beseer op die Vereeniging pad (R54) nadat hy beheer van sy voertuig verloor het. Die motor het gerol en op die treinspoor beland.

‘n Man is gisteraand omstreeks 20:00 ernstig beseer op die Vereeniging pad (R54)  nadat hy beheer van sy voertuig verloor het. Die motor het gerol en op die treinspoor beland.

Volgens Chitra Bodasing, ER24 woordvoerder, was die man omtrent 25 km van Potchefstroom af toe die ongeluk gebeur het. Die voertuig is ongeveer 50m van die pad af gevind. Toe die paramedici op die toneel kom het hulle die man 25m van die voertuig af gevind. Hy was glo uit die voertuig gegooi toe dit gerol het.

‘n Trein het ook naby aan die toneel gestop maar gelukkig was dit ‘n dubbel spoor. Die trein was in die rigting van Vereeniging oppad. Terwyl die voertuig op die spoor beland het wat in die rigting van Potchefstroom gaan.

“Daar is bevind dat hy veelvuldige beserings opgedoen het en in ‘n ernstige toestand was.Hy is behandel en na die Potchefstroom Hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie en verkeer was op die toneel om ondersoek in te stel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button