NewsNews

Student se been word deur paal deurboor

'n Damestudent se been is Saterdagmiddag omstreeks 15:00 deur 'n paal wat 'n eiendomsagent bord regop hou deurboor.

‘n Damestudent se been is Saterdagmiddag omstreeks 15:00 deur ‘n paal wat ‘n eiendomsagent bord regop hou deurboor.

Volgens ‘n verklaring van ER24 het hulle paramedici op die toneel in Presidentstraat gekom waar die student glo op die paal geval het. Die staal paal het met die slag deur haar been geboor. ER24 paramedici moes stukke van die paal wegsny voor die student na die Potchefstroom hospitaal vervoer kon word.

Vroeër die jaar het verkeersbeamptes gewaarsku teen die paaltjies wat eiendomsagente gebruik. Die paaltjies word in die grond in gedryf waarna PVC pype bo-oor die staal paaltjies geplaas word. Die bord is dan aan die PVC pype vas gemaak. Die steel en afbreek van die borde is glo die rede dat die staal blootgestel word, waar dit ‘n gevaar vir voetgangers is. Dit is nog onduidelik aan wie die bord behoort.

Die brandweer was ook op die toneel om die nodige bystand te bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button