NewsNews

Polisieman wat wou moor agter tralies

'n Polisieman van Potchefstroom is Vrydag in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

‘n Polisieman van Potchefstroom is Vrydag in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

Kst. Pule Maboke (36) was by sy huis in Ikageng in hegtenis geneem. Volgens Col. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder het die polisie inligting ontvang dat Maboke saam met vier ander verdagtes, wat in aanhouding was, planne gemaak om ‘n ondersoekbeampte te vermoor. Die ondersoekbeampte was besig om sake van poging tot moord en huisroof, waarin die vier verdagtes betrokke was, te ondersoek.

Maboke het reeds Vrydag in die hof verskyn maar is in aanhouding gehou vir verdere ondersoek en formele borg aansoek. Volgens Mokgwabone, is Maboke na bewering by ongeveer 20 sake van inbraak, diefstal en roof betrokke. Die misdade het in Klerksdorp, Potchesftroom, Ikageng en Viljoenskroon plaasgevind.

lt. genl. Baile Motswenyane het die voorval ten sterktste veroordeel.

“Daar is geen plek vir die soort elemente in die polisie nie. Daar sal geen genade wees vir polisiebeamptes wat misdaad pleeg nie,” het Motswenyane gesê.

Maboke sal vandag (3 Mei 2016) weer in die Potchefstroom Landroshof verskyn om formeel vir borg aansoek te doen.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button