NewsNews

Drie kar ongeluk eis man

'n 30 jarige man is gisteraand (4 Mei) omstreeks 23:00, op die R53, Ventersdorp pad oorlede.

‘n 30 jarige man is gisteraand (4 Mei) omstreeks 23:00, op die R53, Ventersdorp pad oorlede.

Volgens ‘n verklaring van ER24 het die paramedici op die toneel, ongeveer 28 km van Potchefstroom, gekom waar daar drie voertuie gestaan het. Al drie voertuie was glo betrokke by die ongeluk. Die 30 jarige man was in ‘n kritieke toestand gevind in sy bakkie wat erg beskadig was.

Sy toestand het vinnig op die toneel versleg en hy het geen tekens van lewe gewys nie. Die paramedici het KPR toegepas maar kon hom ongelukkig nie red nie. Hy is dood op die toneel verklaar.

Twee mense va ndie ander voertuie is ook op die toneel gevind, maar daar was geen ernstige beserings nie. Die twee mense het ook vervoer hospitaal toe geweier.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die SAPD was op die toneel om ondersoek in te stel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button