
‘n Motorfietsryer is in ‘n kritiese toestand na hy Sondag omstreeks 16:00 op die R501 kop-aan-kop met ‘n voertuig gebots het.
Die man is glo in sy vrooë 30s. Volgens ‘n verklaring van ER24, het paramedici op die toneel opgedaag waar hulle die man in ‘n veld langs die pad gevind het. Hy het glo veelvuldige frakture asook moontlike inwendige beserings opgedoen.
ER24 het hom stabiliseer en Potchefstroom hospitaal toe vervoer vir verdere behandeling. ‘n Vrou, die bestuurder van die kar, het klein beserings opgedoen, paramedici het haar behandel en Mediclinic Potchefstroom toe geneem.
Die presiese oorsaak va ndie ongeluk is nog onbekend.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



