NewsNews

Verdagtes in hegtenis geneem, beslag op R18 000 se dwelms gelê

Die polisie het hul puik van hul taak gekwyt toe twee verdagtes in hegtenis geneem is en beslag op R18 000 se onwettige dwelms gelê is.

Die polisie het hul puik van hul taak gekwyt toe twee verdagtes in hegtenis geneem is en beslag op R18 000 se onwettige dwelms gelê is.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was twee polisielede besig om te patrolleer op die N12, toe hulle ’n verdagte voertuig sien. Sers. Khotso Lepota en konst. Scara Makgetha het die rooi Mazda 232 gevolg tot in die dorp, waarna hulle die voertuig afgetrek het.

Konst. Scara Makgetha en sers. Khotso Lepota met die dwelms wat gevind is
Konst. Scara Makgetha en sers. Khotso Lepota met die dwelms wat gevind is



“Een van die polisiebeamptes het gesien hoe die passasier iets probeer wegsteek toe hy na die voertuig stap,” het Chaka gesê.
Lepota en Makgetha het die twee insittendes gevra om uit die voertuig te klim, waarna hulle die voertuig deursoek het. Tydens die soektog het hulle ’n plastiese sak met ongeveer 600 tablette in gevind. Die tablette wat na vermoede Mandrax is, was in ses kleiner sakkies verpak. Beide die insittendes is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van onwettige dwelms.
“Die waarde van die dwelms is op straat ongeveer R18 000 werd,” het Chaka gesê.

Die dwelms wat gevind is
Die dwelms wat gevind is

Amos Nomadolo (29) en Tebogo Bobejaan (32) het Woensdag in die landdroshof in die stad verskyn. Areabevelvoerder brig. Arthur Peter Adams en Potchefstroom-polisie se stasiebevelvoerder, brig. Sebang Molate, het die lede gelukgewens met die arrestasie.
“Dit is goed om te sien dat ons lede dwelms, wat ons stad verwoes, van die straat af kry,” het Molate gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button