NewsNews

Student en meisie op Bult beroof

'n Student en ’n 14-jarige meisie is verlede Donderdag op verskillende plekke op die Bult van hul selfone beroof.

‘n Student en ’n 14-jarige meisie is verlede Donderdag op verskillende plekke op die Bult van hul selfone beroof.
Die student, Lechi van Rooyen (22), is dié oggend omstreeks 06:15 beroof toe sy gaan draf het.
Die derdejaar student in Farmasie, was op die brug in Calderbankrylaan op pad terug na haar woonstel toe twee mans van voor af gekom het. Toe hulle by haar kom, het een van die mans haar gestamp.
“Ek het oor die reling van die brug geval en ’n ent afgerol. Hy was vinnig op my en ek het vir hom gesê “in Jesus naam los my,” vertel sy.
Die verdagte het Van Rooyen aangesê om stil te bly en haar selfoon uit haar hand probeer gryp. ’n Worsteling het ontstaan, maar die man het daarin geslaag om die foon te kry en toe gevlug.
“Ek het agter hom aangehardloop, maar hy en sy vriende het vinnig verdwyn.”
Van Rooyen het beserings aan haar kop, rug, skouers en hande opgedoen na die val.
Mari Strydom, wat in die area woon, het haar gehelp. Sy het haar ouers gebel waarna sy huis toe geneem is.
Van Rooyen is later terug na die toneel waar sy die verdagte se mes, asook haar studentekaart gevind het. Die mes het sy na die polisiestasie geneem toe sy ‘n klag gaan lê het.
“Die angs het my eers later getref, maar deur geloof het ek dit verwerk. Hy was baie aggressief en ek besef dat dit baie erger kon gewees het, maar ek het hom dadelik vergewe sodat ek nie na die tyd vasgevang word in haat, bitterheid en allerhande vrese nie. Ek praat nie dit wat hy gedoen het goed nie, maar dit help nie mens hou ’n wrok in jou hart nie, dit bring net latere emosionele wonde en bitterheid,” sê Van Rooyen.
In ’n tweede voorval op dieselfde dag is ’n 14-jarige meisie omstreeks 19:00 ook van haar selfoon beroof terwyl sy saam met ’n vriend in Meulstraat op pad na ’n ander vriend se huis gestap het. Die verdagte wat haar beroof het, is die volgende dag deur die polisie vasgetrek.
Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het mense aangeraai om in groepe te gaan draf en ook in groepe rond te beweeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button