
Twee bakkies het vroeër vandag (1 Junie) omstreeks 11:00 gebots op die N12 ongeveer 25km van Potchefstroom waarna een man dood is en twee ander mense beseer is.
Volgens ‘n verklaring van ER24 het een van die bakkies ‘n sleepwa gesleep. Die ander bakkie het na bewering met die sleepwa gebots waarna die bestuurder beheer van die voertuig verloor het.
Toe paramedici op die toneel gekom het, is daar bevind dat een man alreeds aan sy beserings geswyk het. Hy is dood op die toneel verklaar. Twee ander pasiënte het gematigde beserings opgedoen. ER24 het die pasiënte Mediclinic Potchefstroom toe geneem vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak va ndie ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel vir verdere ondersoeke.



