NewsNews

Verdagte dalk met meer misdade verbind

’n Verdagte is vasgetrek wat moontlik met ander misdade verbind kan word.

’n Verdagte is vasgetrek wat moontlik met ander misdade verbind kan word.
Die man is Sondagoggend omstreeks 04:45 in Meyerstraat deur Mooirivier Beskerming in hegtenis geneem. Hy het twee GPS’e in sy besit gehad, asook ’n paar sonbrille.

verdagte
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, kan die man moontlik verbind word met twee verskillende voorvalle van diefstal uit voertuie. Saterdagaand omstreeks 19:00 is ’n klag van diefstal uit ’n voertuig in Steve Bikostraat gelê. Die verdagte het die venster van die voertuig gebreek, waarna die GPS gesteel het.
Sondagoggend omstreeks 04:45 is ’n man deur Mooirivier Beskerming vasgetrek nadat hulle informasie gekry het van ‘n verbyganger dat ‘n man by ‘n kar besig is om in te breek. Hulle het hom in Meyerstraat vasgekeer, waarna hy in hegtenis geneem is en aan die polisie oorhandig is.
Volgens Manyoba word daar twee klagtes teen die man ondersoek, een van besit van vermeende gesteelde goedere en ’n klag van diefstal.

karre

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button