
Woensdagaand omstreeks 21:00 het Mooirivier beskerming reageer na ‘n paniek alarm by ‘n studente kompleks op die Bult.
Mense in die area het ‘n verdagte man gesien oor ‘n muur probeer klim en dadelik die sekuriteitsmaatskappy laat weet.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier, het hulle die verdagte gesoek maar hy het hulle ongelukkig ontglip.
Alhoewel die heining die man geskok het, word daar beweer dat die man op dwelms was daarom het hy niks gevoel nie.
Alhoewel die verdagte weg gekom het, was dit ‘n baie goeie spanpoging tussen Mooirivier, die inwoners, Tlokwe verkeer asook die Potchefstroom polisie.
“Ons was seker 20 voertuie altesaam wat na die man gesoek het,” het Haefele gesê.
https://www.youtube.com/watch?v=sgCXeWdwtyo&feature=youtu.be



