NewsNews

Dwelmprobleem groot in Potch

Dwelmmisbruik is in Potchefstroom, soos in die res van die land, ’n reuse probleem.

Dwelmmisbruik is in Potchefstroom, soos in die res van die land, ’n reuse probleem.
Die Herald berig deurgaans oor dié kwessie wat die stad tans in sy greep het. Dwelmmisbruik is iets wat enige iemand kan raak, maar in Potchefstroom raak die probleem meestal jong mense soos studente en selfs skoliere. Dit is die groep wat in Potchefstroom die meeste dwelms gebruik.
Daar is onlangs berig oor dagga wat by ’n 14-jarige by ’n skool se koshuis gevind is. Daar is ook vyf ander kinders met dagga in hul besit gevang, maar toe die kinders getoets is, het hulle positief getoets vir heroiën. Volgens betroubare bronne word dagga in heroiën gedoop sodat mense makliker verslaaf raak aan wat hulle dink is dagga.
Daar is bekende dwelmhandelaars in die stad, maar elke keer as die polisie by die huise opdaag vanwaar daar met dwelms handel gedryf word, kry hulle geen teken van die dwelms nie.
Een van die berugte dwelmhuise in Reitzstraat het kringtelevisiekameras opgestel buite die erf, glo om te kan sien wanneer die polisie opdaag.
Die Herald het tydens ondersoeke in die dwelmprobleem gesien hoe skoliere in die vroeë oggendure die huis gaan besoek.
Tydens die ondersoeke het die Herald met menige mense gepraat oor die dwelmkultuur in Potchefstroom.
“Dit is so maklik om dwelms in Potch te kry soos wat dit is om ’n Pizza te bestel,” het een van die mense vertel. Veral studente het selfs al begin waag om dwelms te verkoop. Die polisie het verlede jaar vier studente in hegtenis geneem op aanklag van besit en verkoop van dwelms.
“Studente sien dit nou as ’n maklike manier van inkomste,” het ’n bron aan die Herald gesê. As deel van onderhoude met vorige dwelmverslaafdes, het dit aan die lig gekom dat mense wat verslaaf is aan dwelms, enige iets sal doen vir dwelms. Een ex-verslaafde het aan die Herald vertel dat sy vriendin afslag by dwelmhandelaars gekry het omdat sy seksuele gunsies vir die handelaar gedoen het. “Ek het maar my deel betaal, haar dan gelos om te doen wat sy moet doen. Ek het nie vir haar omgegee nie, ek wou net my dwelms hê,” het die verslaafde aan die Herald vertel. CAT, kokaïene, dagga en tik of crystal meth is die dwelms wat die meeste in Potchefstroom gebruik word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button