CommunityPhoto Galleries

Winkel maak ‘n verskil in die gemeenskap

Pick n Pay Van der Hoffpark is ‘n gunsteling onder die Potchefstroom gemeenskap - en vir goeie rede.

Pick n Pay Van der Hoffpark is ‘n gunsteling onder die Potchefstroom gemeenskap – en vir goeie rede.
Benewens die vriendelike diens is die eienaars van die winkel ook daarop gerig om terug te gee aan die gemeenskap.
Hulle het projekte wat help om ander se lewens ‘n bietjie beter te maak, soos die posbussie-projek, waar kopers hul strokies in ‘n posbussie met ‘n instansie se naam kan ingooi, en ‘n persentasie van alle verkope gaan dan aan die einde van die jaar na die verskeie instansies.
Daar is tans 28 instansies wat posbussies het by Pick n Pay. Verlede jaar het hulle sowat R280 000 teruggegee aan die gemeenskap.
Verder het hulle ook hul eie sonpanele aangeskaf om so krag te bespaar, maar die nuutste projek wat hulle geïmplementeer het, is die vrugte-projek, waar kinders jonger as 12 jaar verniet vrugte kan vat om te eet.
“Die idee met hierdie projek is vir kinders om ‘n vrug te vat om te eet terwyl sy of haar ouers besig is om inkopies te doen,” sê Chris Fourie, mede-eienaar van Pick n Pay.
Die ander eienaar, Conrad Potgieter sê dat sy vrou die projek voorgestel het nadat sy gesien het hoe dit in ander lande gedoen word.
“Ons is die enigste winkel in Suid-Afrika wat hierdie projek geïmplementeer het,” sê Conrad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button