NewsNews

Restaurant-eienaar loop wéér deur

Skaars drie weke nadat ’n restauranteienaar in sy eetplek aangeval is, het hy verlede week weer deurgeloop toe daar twee keer in twee dae verdagtes op sy woonperseel was en daar een aand ingebreek is.

Skaars drie weke nadat ’n restauranteienaar in sy eetplek aangeval is, het hy verlede week weer deurgeloop toe daar twee keer in twee dae verdagtes op sy woonperseel was en daar een aand ingebreek is.
Fanie Smit, eienaar van Garnish restaurant, het Vrydagaand verdagtes op sy perseel betrap.
Hy het hulle egter verjaag. Saterdagaand was daar weer verdagtes op sy perseel en het hulle die hek na die agterste gebou oopgebreek en kos gesteel.

IMG-20160615-WA0008
Smit het die oopgebreekte hek eers die Sondagoggend gesien. Asof dit nie genoeg was nie, het hy sonder sukses vier verskillende nommers probeer skakel om die polisie in die hande te kry.
“Ek het al die nommers geskakel, maar nie een het gewerk nie. Ek het daarna Mooirivier Beskerming gebel wat nie my huis monitor nie, maar wel my besigheid, en ek het dadelik reaksie ontvang. Ek wil nou versoek dat die polisie se begroting eerder na Mooirivier Beskerming oorgeplaas word.
“Dink net hoe veilig gaan ons wees met Mooirivier Beskerming en harmonie in ons woonbuurte,” het ’n gefrustreerde Smit na die voorval op Facebook gesê.
Die Herald het op 26 Mei berig dat Smit op 22 Mei in sy eetplek deur ’n man vir wie hy vroeër die dag kos gegee het, aangeval is.
Die Herald het verneem dat daar glo Sondag wel ’n probleem met die polisie se telefoonlyne was. Die Potchefstroom Gemeenskapspolisiëringsforum het Sondagoggend ’n alternatiewe nommer versprei.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is daar verskeie nommers wat geskakel kan word om by die polisiestasie uit te kom.
“Elke afdelingshoof, byvoorbeeld die stasiebevelvoerder, hoof van die speurtak en hoof van sigbare polisiëring se selnommers is ook by die aanklagkantoor beskikbaar,” sê hy.
Die nommers is:
Noodnommer direk na die polisiestasie is 112.
Die beheerkamer se nommers is (018) 299 7476/7477.
Die direkte lyn na die aanklagkantoor is (018) 299 7457.

Lees oor die vorige geval waar Smit aangeval is

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button