Entertainment

Kumkani Lager Bar is ‘n stukkie paradys in die middel van Potch

Net so entjie aan op die Paryspad, tussen die Mooirivier en die gholfbaan, lê vier hektaar se paradys.

Net so entjie aan op die Paryspad, tussen die Mooirivier en die gholfbaan, lê vier hektaar se paradys.
Kumkani Country Lodge, wat in 2001 sy deure oopgemaak het, is bekend vir die heerlike funksies, konferensies en troues wat daar gehou word, maar min mense weet dat die publiek ook enige tyd daar ‘n draai kan gaan maak.
Tussen die diere in ‘n natuurryke omgewing is die Lager Bar, ‘n plek waar jy kan kom ontsnap wanneer die besige Potchefstroom vir jou te veel raak.
Hier voel jy asof jy buite in die bosveld is, wanneer jy in werklikheid nog in die middel van Potchefstroom is – jy hoef nie ver te ry om daar te kom nie.
Met steak vanuit die boonste rakke en heerlike mandjies wat tussen goeie vriende gedeel kan word, is die Lager Bar die plek om te wees.
Daar is ‘n kaggel binne om almal warm te hou en buite ‘n vuur waar jy kan sit en sterre kyk met jou drankie.

IMG-20160614-WA0007IMG-20160614-WA0003

Of jy nou ‘n drankie wil kom drink terwyl jy die rugby op die grootskerm kyk, en of jy met die gesin ‘n lekker dag buite die stad wil deurbring, die Lager Bar is perfek vir almal en selfs kindervriendelik. Daar is ‘n trampolien en baie klein diere wat buite rondspeel.
Die Lager Bar is in die week van 11:00 tot 21:00 en oor naweke tot laat oop vir die publiek. Kom geniet hulle heerlike pizzas wat nou nuut op die spyskaart is of ‘n 500 g T-Bone met skyfies, uieringe en lekker sous vir net R100!
Hierdie is ‘n spesiale aanbieding wat nie misgeloop kan word nie.
Moenie op jou laat wag nie – kom kuier vandag nog by die Lager Bar by Kumkani Lodge, Paryslaan 37.

IMG-20160614-WA0006

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button