NewsNews

Skoolkinders veilig na ongeluk

'n Bus vol laerskoolkinders het vandag (21 Junie) omstreeks 15:00 teen 'n advertensie bord op die hoeke van Chief Albert Luthuli en Govan Mbeki-rylaan vasgery.

‘n Bus vol laerskoolkinders het vandag (21 Junie) omstreeks 15:00 teen ‘n advertensiebord op die hoeke van Chief Albert Luthuli en Govan Mbeki-rylaan vasgery.

bus crash 2

Volgens ‘n verklaring van ER24, het paramedici op die toneel gekom waar hulle die bus op die eiland van die pad aangetref het. Daar was sowat 60 kinders in die bus gewees met ER24 se aankoms.

Volgens ooggetuies blyk dit dat die bus se remme glo probleme gegee het.

“Hy (die busbestuurder) het nie ‘n keuse gehad nie, as hy net aanhou ry het was hy in aankomende verkeer in. Hy moes uitswaai, dit is toe hy die paal tref,” het ‘n ooggetuie aan die Herald gesê.

bus crash 3

Paramedici het bevind dat die kinders en bestuurder geen beserings opgedoen het nie. ‘n Ander bus het die kinders kom haal om hulle by die huis te kry.

Die polisie en Tlokwe verkeer was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button