NewsNewsUpdate

Kop-aan-kop botsing eis drie, twee beseer op Viljoenskroon-pad

‘n Botsing reg van voor het Saterdagmiddag, 25 Junie die lewens van drie mense geëis.

‘n Botsing reg van voor het Saterdagmiddag, 25 Junie die lewens van drie mense geëis.
Die ongeluk het omstreeks 16:00 op die Viljoenskroon-pad, ongeveer sewe kilometer buite Potchefstroom gebeur toe twee bakkies gebots het. Die een bakkie het begin rol, waarna die twee mense wat agterop was, afgeval het. ‘n Ander insittende van die voertuig is ook dood. ER24 het die drie mense op die toneel dood verklaar. Albei die bestuurders is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe vervoer.
Een van die pasiënte, David Richardson (40) van Potchefstroom moes per helikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg vervoer word. Volgens Richardson se vrou, Jo-Adrie, word hy nog onder baie sterk verdowing gehou. Hy moes glo ’n plaat in sy elmboog kry, sy heup het ’n fraktuur opgedoen en hy het verskeie kopbeserings.

David Richardson
“Gelukkig is dit net bolangs, hy het geen breinbeserings opgedoen nie. Die grootste bekommernis nou is dat sy een long platgeval het, so hy is nog op ’n asemhalingstoestel,” het Jo-Adrie gesê. Alhoewel die pa van twee steeds in ’n ernstige toestand is, maak hy elke dag vordering. “Hy reageer baie positief op al die behandeling, so ons is almal eintlik baie kalm. Ons kry baie goeie ondersteuning van almal af,” het sy gesê. Richardson was glo op pad huis toe ten tyde van die ongeluk.
“Die kapelaan het by die huis gestop. Toe ek die kar sien, het ek dadelik geweet iets het gebeur. Die kinders was albei by my, so ek het geweet iets moes met David gebeur het. Dit was steeds ’n skok, maar ek het myself amper voorberei op die ergste,” vertel sy.
Die bestuurder van die ander bakkie het in die voertuig vasgesit. Tlokwe brandweer moes die vrou uit die voertuig sny voordat sy per ambulans na Potchefstroom hospitaal vervoer is. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, word ’n saak van strafbare manslag ondersoek.
“Dit is standaard prosedure as daar mense in ’n ongeluk dood is,” het Chaka gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button