CommunityPhoto Galleries

Bult skoonmaak-projek

Enige oud-Potchefstromer wat hier studeer of gewoon het, sal vertel dat die Bult ‘n integrale deel van hul mooiste herinneringe uitmaak.

Enige oud-Potchefstromer wat hier studeer of gewoon het, sal vertel dat die Bult ‘n integrale deel van hul mooiste herinneringe uitmaak. Die prentjie van hierdie herinneringe lyk egter radikaal anders as hoe die Bult die afgelope paar jaar daar uitsien. Skoon strate en sypaadjies is algaande vervang met rommel, straatkinders en ‘n toeloop van motorwagte. Die eens groen grasperk van die Aardklopterrein het nou ‘n plek geword waar motors oor naweke saamtrek en drank uit kattebakke gebruik word.
‘n Paar besigheidseienaars (Die Akker Koffiehuis, Ocean Basket, Varsity Cafe & Bakery, Butler Prokureurs en Purén Marketing & Communications) het daarom besluit om kragte saam te snoer om probleme soos veiligheid, rommel, drank- en dwelmmisbruik, sowel as die estetiese voorkoms van die area, te hanteer.
Hieruit het ‘n opwindende nuwe inisiatief, genaamd ‘Team up~.Clean up.’ tot stand gekom wat fokus op die ontplooiing en bemagtiging van skoonmakers om die Bult skoon te hou én ‘n wakende oog oor aktiwiteite op die Bult te hou.
Amptelike skoonmakers sal oranje oorpakke, beffies (bibs) en duidelik gemerkte naamplaatjies dra. Die projek se logo, die werker se naam sowel as die besigheid waaraan die skoonmaker rapporteer, verskyn hierop. Alle relevante probleme of klagtes kan dan direk aan die betrokke besigheid gekommunikeer word. Die publiek word aangemoedig om slegs hierdie inisiatief te ondersteun, eerder as die talle self aangestelde motorwagte op die Bult.
Die Tlokwe Stadsraad het reeds, met behulp van raadslid Santi Britz (Wyk 22), twaalf besems, vyf trollies, twintig beffies (bibs) en 800 groensakke vir die projek geborg.
Hulle het ook onderneem om plante te skenk vir die vestiging van tuine. Die publiek en álle besigheidseienaars op die Bult word hiermee uitgenooi om hande te vat met Team Up. Clean up. ten einde die area tot optimale potensiaal te restoureer.
Kontak gerus vir Cindy Purén by cindy@puren.co.za of 079 883 6335 indien u wil bydra tot die projek of meer inligting verlang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button