CommunityLocal newsNewsNews

Poortjiedam steeds vuil na skoonmaak

Poortjiedam ten weste van die stad is bedoel om ‘n plek van ontspanning te wees, maar vir die afgelope paar maande is dit ‘n probleem vir die gemeenskappe van Mohadin en Promosa. Inwoners kla dat die dam vuil is en dat hulle weens die reuk wat deur die damwater veroorsaak word, nie eens in die …

Poortjiedam ten weste van die stad is bedoel om ‘n plek van ontspanning te wees, maar vir die afgelope paar maande is dit ‘n probleem vir die gemeenskappe van Mohadin en Promosa.
Inwoners kla dat die dam vuil is en dat hulle weens die reuk wat deur die damwater veroorsaak word, nie eens in die aand uit hul huise kan gaan nie.
Volgens Willie Maphosa, woordvoerder van die stadsraad, het ‘n span van die departement gemoeid met infrastruktuur, ’n rioolverstopping naby die Mohadin Krieket-stadion gekry.
Die span het vir twee dae gewerk om die verstopping, wat meestal veroorsaak is deur diere afval, skoon te maak.
Volgens hom is die rioollek in Mei reggemaak en die area is ontsmet. Sedert 8 Junie is daar gereeld waterontledings by Poortjiedam gedoen om te verseker dat die water skoon is.
“Daar het geen riool onlangs in die dam ingeloop nie,” sê Maphosa.
Die Herald het op 21 Junie met behulp van Ilse Simpson van Envirocare Laboratory, toetse laat doen om te probeer vasstel waarom die water steeds stink.
Die water is getoets vir die totale kolivorme, fekale kolivorme en die totale E.coli (Escherichia coli). Kolivorme dui die algemene higiëniese kwaliteit van die water aan. Fekale kolivorme dui fekale besoedeling aan wat meer spesifiek is as totale kolivorme. E.coli is ‘n aanduiding van baie spesifieke fekale besoedeling wat van menslike of warmbloedige diere afkomstig is.
In die toetse is die totale plate telling 6 200 Cfu/1ml, die totale kolivorme is 1 100 Cfu/100ml, die totale fekale kolivorme is 181 Cfu/100ml en die totale E.coli is 104 Cfu/100ml*.
Volgens ‘n ontleding wat deur Jaco Bezuidenhout van die NWU Potchefstroomkampus gedoen is, val die totale E.coli binne die grense van aanvaarbaarheid, maar die totale fekale kolivorme is hoog bo die grense van 1 – 130 Cfu/100ml. Omdat dié telling so hoog is kan die water onveilig wees vir volledige kontak, mense moet dus nie in die water swem nie want dit kan negatiewe gesondheidsaspekte inhou. Van die inwoners vang steeds daar vis en daar word selfs visvangkompetisies gehou. Van die mense eet selfs die vis. Volgens Lavern Lakay, ‘n lid van die Promosa Hengelklub, het hulle al verskeie kere vir die stadsraad gevra om die dam skoon te maak, maar tot nou toe was daar nog geen reaksie op hul versoek nie.
“Nou dat dit winter is, swem daar nie mense nie, maar andersins weet ek van ‘n paar keer wat mense daar geswem het,” sê Lavern.
Volgens Maphosa word die water wel op ‘n gereelde basis gemonitor.
“Ons wil ook weer ‘n beroep op die gemeenskap doen om nie vreemde voorwerpe in die rioolstelsel te gooi nie,” sê hy. *Cfu/100ml is die eenheid waarmee die bakterie in die water gemeet word

Die damwater is groen en het 'n slegte reuk.  Foto’s: Marianke Saayman
Die damwater is groen en het ‘n slegte reuk. Foto’s: Marianke Saayman
Die wateranalise.
Die wateranalise.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button