NewsNews

Bult se gemors word skoon-gemaak

Woensdagoggend is die Team up-Clean up-projek op die Bult bekendgestel. Besigheidseienaars op die Bult het bymekaar gekom om die Bult skoon en veilig te maak. In samewerking met die stadsraad het die eienaars van Club MVG, die Akker, Ocean Basket, Butler prokureurs en Varsity Cafe koppe bymekaar gesit om die gemors skoon te kry.

Woensdagoggend is die Team up-Clean up-projek op die Bult bekendgestel.
Besigheidseienaars op die Bult het bymekaar gekom om die Bult skoon en veilig te maak. In samewerking met die stadsraad het die eienaars van Club MVG, die Akker, Ocean Basket, Butler prokureurs en Varsity Cafe koppe bymekaar gesit om die gemors skoon te kry. So is lewe in dié projek ingeblaas.

Een van die werkers wat die Bult begin skoonmaak. Foto: Dustin Wetdewich
Een van die werkers wat die Bult begin skoonmaak. Foto: Dustin Wetdewich

Werkers is deur die onderskeie maatskappye in diens geneem om die gebied op die Bult skoon te hou. Terselfdertyd pas hulle sommer mense se karre op. Volgens Santi Britz, wyksraadslid, is die groep se primêre doel om skoon te maak. “Die stadsraad gaan vir ons plante gee wat ons sal skenk, so die werkers sal binnekort ook tuinmaak,” sê Britz. Die plante sal op Cachetpark tussen Esselen- en Borchardstraat geplant word. Vir die projek om suksesvol voort te gaan, word daar ’n beroep op lede van die gemeenskap gedoen om die skoonmakers te ondersteun. In plaas daarvan om geld aan die sogenaamde karwagte op die Bult te gee, word mense gevra om dié fooitjies vir die skoonmakers te gee. “Hulle is baie sigbaar, hulle dra geel oorpakke en elkeen het ’n naamplaatjie met een van die besighede se naam op,” het Britz gesê.

Van die besigheidseienaars saam met die span  skoonmakers. Foto: Dustin Wetdewich
Van die besigheidseienaars saam met die span
skoonmakers. Foto: Dustin Wetdewich

Omdat baie van die besighede kliënte is van Mooirivier Beskerming, het hulle ingestem om as sekuriteit vir die werkers op te tree. Veral aan die begin wanneer daar moontlik groeipyne kan wees tussen die ou karwagte en die nuwe skoonmakers. Mettertyd word daar beplan om ’n nagskof ook op die been te bring sodat die groep werkers permanent op die Bult kan besig wees. Besighede wat tot laat oop is soos Club MVG, sal verantwoordelik wees vir die nagskof. “Die groot boodskap is dat die publiek die projek moet ondersteun deur fooitjies te gee vir die geel oorpak werkers en niemand anders nie.” het Britz gesê.

 

Santi Britz praat met die werkers. Foto: Dustin Wetdewich
Santi Britz praat met die werkers. Foto: Dustin Wetdewich

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button