NewsNews

Leer nou Mandaryns aan die NWU

Die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale het ‘n unieke geleentheid raakgesien, en sal binnekort die Mandarynse taal as kortkursusse en later as modules in graadkursusse aanbied.

Die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale het ‘n unieke geleentheid raakgesien, en sal binnekort die Mandarynse taal as kortkursusse en later as modules in graadkursusse aanbied.

Prof Wannie Carstens, Direkteur van dié Skool, sê die Suid-Afrikaanse regering maak reeds geluide dat Mandaryns binnekort as ‘n vak by skole geïmplementeer sal word. “Ons het in 2014 ‘n universiteit in Taiwan besoek met die oog op ontwikkeling van dié taal in Suid-Afrika. Ons gesprekke het vrugte afgewerp en ons eerste van ‘n klompie kortkursusse is pas aangebied. Die volgende stap sal wees om modules en studiemateriaal vir eerstejaar tot derdejaarsvlak te ontwikkel.”

Om die NWU hiermee te help, is ‘n Taiwannese taalspesialis, Sonia Su-Chuan, na die Potchefstroomkampus gestuur en sal met dié ontwikkeling tot einde Oktober vanjaar help. Carstens sê die Taiwannese regering het fondse beskikbaar gestel vir die tyd wat sy hier sal help.

Eerstejaarstudente kan reeds van 2017 af Besigheids-Mandaryns as deel van hul kursusse neem. Mandaryns is die taal wat deur die meeste mense ter wêreld gepraat word en is een van slegs ses tale wat deur die Verenigde Nasies Organisasie gebruik word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button